Hieronder 'n aanduiding van die koste van die verskillende dienste wat ons lewer. Kontak ons met meer inligting indien u 'n kwotasie verlang.
Domein pryse word beheer deur die onderskeie Registrateurs en word as 'n jaarlikse kontrak verkoop wat hernu moet word. Sommige diensverskaffers verkoop domein name teen 'n afslag prys net om u te verras met die werklike prys teen hernuwing.
Pryse is relatief laag. Ongeveer R100 vir 'n .co.za, domein of R250 vir 'n .com domein.
Daar is 'n magdom domein name beskikbaar. Sommige is gebied gebonde (bv .africa of .eu) terwyl ander bedryf gebonde is (bv .farm of .wine) Elkeen teen sy eie prys.
Dit is moontlik om registrasies van een diensverskaffer na 'n ander oor te dra. In sommige gevalle mag dit 'n koste behels wat ook deur die registrateurs bepaal sal word.
U is welkom om ons te skakel sodat ons u behoeftes kan bespreek en 'n prys kan kwoteer waar nodig.
Koste van hosting word beïnvloed deur verskeie veranderlikes. Die belangrikste faktore wat die koste beinvloed is die spasie wat u webblad opneem asook die volume verkeer wat dit genereer.
Ons kan hier slegs aanduidings gee: Koste is jaarliks betaalbaar en sluit nie domein registrasie in nie.
Anders as sommige populere 'gratis' platforms wat vryelik op die Internet beskikbaar is (bv Wordpress, Wix, Squarespace en vele ander) hef ons geen maandelikse fooi nie.
Meeste van die 'hosting' pakette wat ons aanbied sluit epos fasiliteite in.
Die diens is baie aanpasbaar deurdat meer as een adres geskep kan word, en die limiet op die grootte van 'n epos en die spasie wat dit opneem onderhandelbaar is.
Daar is verskeie faktore wat die koste van 'n nuwe webblad kan beïnvloed. Die pryse hieronder is slegs 'n rowwe aanduiding. Volledige besonderhede en bespreking daarvan is nodig om 'n realistiese prys te bepaal.
'n "Gewone" webblad met op tot 5 bladsye se prys gaan in die omgewing van R 3,000 wees.
Dieselfde webblad op 'n Wordpress platform se prys gaan by R 5,000 begin.
Daar is baie meer faktore wat die koste van 'n aanlyn winkel sal beïnvloed. Die prys sal waarskynlik nie minder as R 3,000 wees nie. Die grootte van die winkel (bereken op die aantal verskillende voorraad items) is nie relevant nie.
Die prys wat ons kwoteer is die prys vir die ontwikkeling van die totale webblad. Ons hef nie enige maandelikse fooi vir watter verskoning ookal nie.
Ons begin met ontwikkeling van 'n webblad nadat ons voldoende inligting en 'n deposito van 50% ontvang het. Die balans is betaalbaar by voltooiing van die webblad of binne 60 dae indien volledige besonderhede nog nie ontvang is nie.
'n Weldeurdagte webblad het besonder min onderhoud nodig. Jou tipe besigheid mag dalk gereelde veranderinge vereis.
Normaal hef ons 'n nominale fooi per gebeurtenis. Dit kan so min as R 200 wees.
Waar gereelde opdatering nodig is kan ons 'n jaarlikse fooi hef om administrasie te vergemaklik. Elke geval word op meriete beskou.
Baie moeilik om 'n realistiese koste hier aan te dui.
Die sosiale media platform, u behoeftes , die tyd/materiaal benodig en meer kan die prys beïnvloed.
Aanvaar dat die koste nie minder as R 1500 sal wees nie.
GEEN Kunsmatige Intelligensie (AI) is gebruik met die maak van hierdie webblad nie. Alles in hierdie webblad is eg en outentiek marulaweb.co.za