Hier by marulaweb.co.za, respekteer ons die privaatheid van kliënte en besoekers.
Ek sal nie jou persoonlike inligting deel sonder jou skriftelike toestemming nie, behalwe as ons daartoe gedwing word deur 'n behoorlike regsproses.
Wanneer jy 'n aanlynvorm op hierdie webwerf voltooi, kan die webwerf persoonlike inligting soos name, e-posadresse, ens. van jou verkry, maar slegs by die aanstuur van die vorm. Hierdie inligting word slegs deur onsself gebruik, uitsluitlik vir die doel wat die voltooi van sodanige vorm vereis het en vir geen ander rede nie.
Wanneer jy deur hierdie webwerf blaai, sal inligting versamel word van die instrument vanwaar jy blaai, sodat ons die gebruik van hierdie webwerf kan ontleed. Hierdie inligting word gestoor as 'n 'cookie' ('n klein lêer wat deur jou blaaier op jou hardeskyf gestoor word).
Die inligting wat in 'n cookie gestoor word, bevat geen inligting waardeur jy identifiseer kan word nie. Jy kan ook kies om nie toe te laat dat jou blaaier cookies aanvaar nie. Om dit te doen, moet jy die instellings van jou blaaier op jou rekenaar verander. Ons het geen beheer daaroor nie.
Die data wat ons versamel, word nie met ander partye gedeel, verhandel of verkoop nie. Ek gebruik ook nie van die data om advertensies te genereer nie.
Waar ons hosting dienste aan 'n kliënt lewer, word alle persoonlike inligting geënkripteer aangesien dit oor die internet gestuur word. Aan ons kant word alle inligting as 'n reel geënkripteer en beskerm deur firewalls. Toegang tot persoonlike inligting word tot 'n absolute minimum beperk en slegs tot gemagtigde personeel. Ten spyte van hierdie maatreëls kan ons nie waarborg dat jou inligting 100% veilig sal wees nie, maar ons doen ons beste om dit reg te kry.
Hierdie webwerf mag skakels na ander webwerwe bevat. Neem asseblief kennis dat as jy op een van hierdie skakels sou kliek, jy 'n ander webwerf betree waarvoor ons nie verantwoordelik is nie.
GEEN Kunsmatige Intelligensie (AI) is gebruik met die maak van hierdie webblad nie. Alles in hierdie webblad is eg en outentiek marulaweb.co.za